CAPS GET 7 – AFRIKAANS HUISTAAL – TERM 3 – WEEK 3 -4

1. Luister en praat 

Luister- en Praatstrategieë
Luister na drama (Dialoog/Onderhoud):
• Stel ’n vraelys op.
• Gebruik gesprekskonvensies.
• Gebruik gepaste taal.
• Maak aantekeninge.
• Lewer verslag oor bevindings.

Verskillende vorme van mondelinge kommunikasie:

Dramatisering: Aanpassing van een genre na ’n ander:
• Rolspeel oorspronklike dialoog.
• Uitvoering in lyn met gees en doel vandie oorspronklike teks.
• Sterk karakteruitbeelding met eenvoudige rekwisiete.
— Gebruik van effektiewe rekwisiete om ruimte/agtergrond te skep.

2. Lees en kyk 

Literêre teks soos jeug drama/radio drama:
• Belangrikste kenmerke van letterkundige teks soos karakter, karakterisering, intrige, konflik, agtergrond, ruimte, verteller en tema.

Die leesproses:
• Pre-lees (Lei die teks in).
• Tydens lees (kenmerke van die teks).
• Post-lees (beantwoord vrae, vergelyk, kontrasteer, evalueer).

Poësie
Belangrikste kenmerke van ’n gedig:
• interne struktuur van ’n gedig soos beeldspraak/stylfigure, rym, ritme;
• uiterlike bou van ’n gedig soos reëls, strofes, tipografie;
• figuurlike betekenis;
• atmosfeer;
• tema en boodskap.

3. Skryf en aanbied

Langer tekste bv. dialoog/geskrewe onderhoud:
• Vereistes vir formaat en styl.
• Teikengehoor, doel en konteks.
• Gebruik gepaste woordkeuse.
• Gepaste taalgebruik.

Fokus op die skryfproses:
• Beplanning.
• Konsep.
• Hersiening.
• Redigering.
• Proeflees en aanbieding van finale konsep.

4. Taalstrukture en -konvensies

Woordvlakwerk: soortname, enkelvoud en meervoud

Byvoeglike naamwoorde: trappe van vergelyking, verboë vorme

Sinsvlakwerk: saamgestelde sinne met bysinne, direkte en indirekte rede

Betekenisleer en woordeskatuitbreiding: basisvorme van woorde

Lees- en skryftekens: dubbelpunt; aanhalingstekens; komma; punt; afkappingstekens; vraagteken, hakies

Questions